Marie Stander -

Taal : (Afr.)
Ouderdomsbeperking : (A)
Tipe : Visuele kuns
Plek : Alumni Saal
Vertonings : 2011-10-04 | 09:00
Vertonings : 2011-10-05 | 09:00
Vertonings : 2011-10-06 | 09:00
Vertonings : 2011-10-07 | 09:00
Vertonings : 2011-10-08 | 09:00

“Antie is wat die kinders van Jamestown my noem.” Dié uitstalling is ’n uitbeelding vanuit Stander se subjektiewe oogpunt as die “antie” – die waarnemer en buitestander in Jamestown, ’n klein dorpie met ’n bruin gemeenskap net buite Stellenbosch. Die uitstalling beeld die mense uit wat haar pad kruis en wat haar inspireer met hul karakters, lewenstories en agtergronde. Stander weerspieël hul siel en wese, ten spyte van ’n tipiese warts-and-all-benadering, deur deernis en empatie met haar onderwerpe te toon. Die vergrote skaal, realisme en familiariteit van die werke
maak die interaksie tussen die beeld en toeskouer intiem en konfronterend.





Hoofborge

ATKV Beeld kykNET Lotto Vodacom