Feesprogram 2013


Teater - Hol

Lokaal: Potchefstroom Central School Duur: 65 min Ouderdom: Geen o/14: T
Taal: Afr. Prys: R 90.00
2/10/2012 - 12:00
3/10/2012 - 14:30
4/10/2012 - 12:00
5/10/2012 - 9:00
6/10/2012 - 14:30

Wenner van die Fleur du Cap-prys vir die beste spel in ’n solovertoning. Hol: ’n holte of ’n leë ruimte binne-in. Om op hol te gaan is om jou selfbeheersing kwyt te raak. As “jou kop op hol is”, is jy verward. “Hol” beteken ook sinloos, niksseggend of om te hardloop... onder meer. Liesbet hol op ’n hol maag op ’n trapmeul, ’n rottewiel van haar holderstebolder gedagtes. Sy sukkel om haar balans te behou en strompel oor haar verlede. Hol ondersoek die koste van ’n kitskos-bestaan. Met Nicola Hanekom. Regie: Fred Abrahamse. Ontwerp: Marcel Meyer. Vervaardig deur Kunstekaap. ’n Projek van die New Writer’s Season. 

My Program Laai Program Af