Feesprogram 2013


Teater - Babbel

Lokaal: Uitsaaistasie Duur: 70 min Ouderdom: Geen o/14: T/G
Taal: Afr./veeltalig Prys: R 95.00
2/10/2012 - 18:30
3/10/2012 - 18:30
4/10/2012 - 18:30
5/10/2012 - 18:30
6/10/2012 - 18:30

Woordveertjie vir beste dramateks. Iewers in die toekoms, ná ’n revolusie, waak rebelle oor die laaste selfoontoring. Gevegte dreig op die grense van Potchefstroom. Die name van die dooies is op almal se lippe, die onsin van geweld gekerf in hul skedels. Geleidelik verval taal en kruip die chaos van die oorlog tot in die harte van mense. Hoe harder die sein gestuur word, hoe meer weergalm die stilte. Die koste van vryheid is hoog. Onder andere met Tinarie van Wyk Loots, Brendon Daniels en Neels van Jaarsveld. Ondersteun deur die Arts and Culture Trust. Teks, regie en ontwerp: Nicola Hanekom.

My Program Laai Program Af