Agterplaas
|
Die Burger se kunsblad beskryf dit as volg: “Agterplaas verdien om op elke verhoog in Suid-Afrika gesien te word.” Gehore beskryf dit as een van hul vermaaklikste dog roerendste toneelervarings in jare. Dié veelbesproke nuwe drama van Charles Fourie spog met ’n sterbelaaide rolverdeling, waaronder Deon Lotz (onlangs te sien in die rolprente Roepman en Skoonheid), Esther von Waltsleben (van Proesstraat-faam) en Deidre Wolhuter. Agterplaas is reeds benoem vir die Absa KKNK/Nagtegaal-teksprys en ’n ATKV-Woordveertjieprys. ’n Ko-produksie tussen die Absa KKNK en Woordfees. Aangebied deur Kaap Teater-ensemble. |
|






