2012-aansoekvorms is nou hier beskikbaar


Aansoeke vir produksies, asook uitstallers by die kuns- en kosmark, is beskikbaar deur op die toepaslike skakel te kliek. Belangstellendes word versoek om te hou by sperdatums, soos aangedui in die onderskeie aansoekvorms om teleurstelling te voorkom. Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vind in 2012 plaas vanaf Dinsdag 2 Oktober tot Saterdag 6 Oktober. Programaansoeke

  • Opdragproduksies (...

Topical discussions at the Clover Aardklop National Arts Festival


The Beeld Discourse series with discussions and lively debates is once again part of the programme at the Clover Aardklop National Arts Festival in Potchefstroom. The broad theme is identity in the current South Africa.   Freek Robinson, presenter of Robinson regstreeks and anchor of e.tv’s Afrikaans news on kykNET, will chair the discussions.   Apart from t...

Aktuele gesprekke by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees


Die Beeld Diskoers-reeks met gesprekke en gesonde debatte word vanjaar weer by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom aangebied onder die oorkoepelende tema van identiteit in die hedendaagse Suid-Afrika.   Die gespreksleier is Freek Robinson, aanbieder van Robinson regstreeks en ankeraanbieder van e.tv se Afrikaanse nuus op kykNET.   Buiten vir ...

Nuttige wenke vir feesgangers vir die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees


Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom lê om die draai. Om seker te maak dat jy voorbereid is, is daar ’n paar nuttige wenke vir feesgangers om die feeservaring nog aangenamer te maak. Koop sommer met die intrapslag ’n feesgids (beskikbaar teen ’n skamele R30). Dit is nie net ’n herhaling van die brosjure nie. Dit bevat rolverdelings sodat jy kan weet wie is wie en in die geval van klassieke uitvoer...

Vyf swaargewigte ding mee om Smeltkroesprys


Met eerste oogopslag mag Clover-Aardklop 2011 se oes debuutwerke in Afrikaans skraal lyk, maar kyk toneelliefhebbers dieper flits die besef dat al vyf aanspraakmakers op die AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys swaargewigte is wat hewige bespreking en strydige emosies gaan uitlok. Selfs al is daar net 'n handvol debuut werke om deur t...

Hupstoot vir kunshandwerkers


As 'n Aardklop hoofborg, demonstreer AngloGold Ashanti reeds die afgelope dekade sy verbintenis tot die bevordering van volhoubare ontwikkeling, kreatiewe uitlewing en die uitbouing van ‘n Suid-Afrikaanse kultuurerfenis. Met 'n belegging van bykans R1 miljoen, stel die maatskappy in noue samewerking met die Dr Kenneth Kaunda Distriksmunisipa...

Gogola... Groei deur Kennis


In samewerking met die Universiteit van Pretoria se dramadepartement, stel AngloGold Ashanti vanjaar as deel van die maatskappy se Aardklop bedrywighede 'n toegepaste dramaprojek met omgewingsbewaring as kernboodskap bekend.   Kwessies rondom die behoud van natuurlike hulpbronne, veral wate...

Nuusbrief - 15 September 2011


’n Gewoel en ’n gewerskaf In Potchefstroom is daar die afgelope maand of wat gewoeker en die feesterrein is bedek met ’n groen tapyt – alles om eersdaags die eerste tentpenne in te slaan. Met dié dat Die Bult, soos dit plaaslik bekend staan, ook vroeër vanjaar afgekamp is, kan feesgangers uitsien na ’n lushof waar daar stofvry gekuier kan word. Diegene wat graag op die feesterrein rondsnuffel en op soek is na d...

Kry koers by Clover Aardklop


Verseker 'n soveel beter feeservaring by Clover Aardklop 2011 deur jou feeskaarte hier af te laai en betyds jou skedule te beplan.  

AngloGold Ashanti fees vanjaar in 'n ander gedaante!


5 September 2011 Nuusvrystelling AngloGold Ashanti fees vanjaar in 'n an...

Aardklop 2011


Besprekings kan landswyd by Computicket-takke gemaak word, ook tydens die fees. Feesgangers kan gedurende die fees bespreek by die kaartjieskantoor op die hoek van Borcherd- en Molenstraat. Kaartjies wat per kredietkaart bespreek is, kan afgehaal word by die kaartjieskantoor.   Kaartjiebesprekings: Daagliks (Maandag tot Saterdag) tussen 08:00 en 20:00 en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by 011 340 8000 of  0...

Verblyf


Kry jou lêplek vir Aardklop 2011 voor dit te laat is. Verblyfbesprekings vir vanjaar se fees, 4-9 Oktober, het op Maandag 2 Mei geopen en daar is oudergewoonte sakpas-verblyf vir elke smaak. Om verblyf te bespreek, of indien jy dalk jou beskikbare verblyf beskikbaar wil stel vir feesgangers, kontak die Aardklop-verblyfspan vandag nog by (018) 297 8465 of ...

Aanwysings na Aardklop-feesterrein


Vanaf Klerksdorp Ry met die N12 tot oor die treinbrug in Potchefstroom. Draai links by die eerste robot (Beyers Naudé-weg). Volg die pad vir 3 km tot by die feesterrein. Vanaf Ventersdorp Ry met die Potchefstroompad (R53) tot in Potchefstroom. Draai links by die eerste robot (Meyerstraat). Hou aan vir 2 km tot oor die treinbrug. Die feesterrein is aan die r...




Hoofborge

ATKV Beeld kykNET Lotto Vodacom