Aardklop Argiewe

Computicket-tak by Clover Aardklop se kantoor in Potchefstroom


 Die enigste toegewyde Computicket-tak in Potchefstroom is te vinde by Clover Aardklop se kantoor in Malherbestraat.

 

Hoewel daar ander verkooppunte by enkele kettingswinkels te vinde is, het kaartjiekopers by Clover Aardklop se tak die voordeel dat dit ’n eksklusiewe tak is (geen lang toue van mense wat rekenings wil betaal nie).
 

Dié Computicket-tak is oop van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:00. Die publiek kan die...

LEES MEER

Verblyfbesprekings vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees nou oop


Besoekers aan vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom kan nou reeds verblyf bespreek.

 

Om die diens te vergemaklik, kan daar regstreeks deur die webwerf (www.cloveraardklop.co.za) bespreek word. Die proses hoe om te bespreek, word puntsgewys verduidelik. Alle soorte akkommodasie en prysklasse word aangedui.
 

Ná ’n keuse gemaak is, kan feesgangers die maklike,...

LEES MEER

Die splintenuwe Afrikaanse- treffer musiekspel vanaf 15 April - Lied Van My Hart




’n ster-en-treffer-musiekspel...

LEES MEER

2012-aansoekvorms is nou hier beskikbaar


 Aansoeke vir produksies, asook uitstallers by die kuns- en kosmark, is beskikbaar deur op die toepaslike skakel te kliek. Belangstellendes word versoek om te hou by sperdatums, soos aangedui in die onderskeie aansoekvorms om teleurstelling te voorkom. Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vind in 2012 plaas vanaf Dinsdag 2 Oktober tot Saterdag 6 Oktober.



LEES MEER

Topical discussions at the Clover Aardklop National Arts Festival


 The Beeld Discourse series with discussions and lively debates is once again part of the programme at the Clover Aardklop National Arts Festival in Potchefstroom. The broad theme is identity in the current South Africa.

 

Freek Robinson, presenter of Robinson regstreeks and anchor of e.tv’s Afrikaans news on kykNET, will chair the discussions.
 

Apart from the opportunity to come and listen to experts in their respective fields...

LEES MEER

Aktuele gesprekke by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees


 Die Beeld Diskoers-reeks met gesprekke en gesonde debatte word vanjaar weer by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom aangebied onder die oorkoepelende tema van identiteit in die hedendaagse Suid-Afrika.

 

Die gespreksleier is Freek Robinson, aanbieder van Robinson regstreeks en ankeraanbieder van e.tv se Afrikaanse nuus op kykNET.
 

Buiten vir die geleentheid om te luister na kundiges wat gesels oor aktuele sake sal...

LEES MEER

Vyf swaargewigte ding mee om Smeltkroesprys


Met eerste oogopslag mag Clover-Aardklop 2011 se oes debuutwerke in Afrikaans skraal lyk, maar kyk toneelliefhebbers dieper flits die besef dat al vyf aanspraakmakers op die AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys swaargewigte is wat hewige bespreking en strydige emosies gaan uitlok. Selfs al is daar net 'n handvol debuut werke om deur te...

LEES MEER

Hupstoot vir kunshandwerkers




As 'n Aardklop hoofborg, demonstreer AngloGold Ashanti reeds die afgelope dekade sy verbintenis tot die bevordering van volhoubare ontwikkeling, kreatiewe uitlewing en die uitbouing van ‘n Suid-Afrikaanse kultuurerfenis. Met 'n belegging van bykans R1 miljoen, stel die maatskappy in noue samewerking met die Dr Kenneth Kaunda Distriksmunisipaliteit...

LEES MEER

Gogola... Groei deur Kennis




In samewerking met die Universiteit van Pretoria se dramadepartement, stel AngloGold Ashanti vanjaar as deel van die maatskappy se Aardklop bedrywighede 'n toegepaste dramaprojek met omgewingsbewaring as kernboodskap bekend.
 

Kwessies rondom die behoud van natuurlike hulpbronne, veral...

LEES MEER

Nuusbrief - 15 September 2011


 ’n Gewoel en ’n gewerskaf


In Potchefstroom is daar die afgelope maand of wat gewoeker en die feesterrein is bedek met ’n groen tapyt – alles om eersdaags die eerste tentpenne in te slaan. Met dié dat Die Bult, soos dit plaaslik bekend staan, ook vroeër vanjaar afgekamp is, kan feesgangers uitsien na ’n lushof waar daar stofvry gekuier kan word.
Diegene wat graag op die feesterrein rondsnuffel en op...

LEES MEER

Kry koers by Clover Aardklop


 

Verseker 'n soveel beter feeservaring by Clover Aardklop 2011 deur jou feeskaarte hier af te laai en betyds jou skedule te beplan.



LEES MEER

AngloGold Ashanti fees vanjaar in 'n ander gedaante!


5 September 2011


Nuusvrystelling

AngloGold Ashanti fees vanjaar in 'n...

LEES MEER

Aardklop 2011


 Besprekings kan landswyd by Computicket-takke gemaak word, ook tydens die fees. Feesgangers kan gedurende die fees bespreek by die kaartjieskantoor op die hoek van Borcherd- en Molenstraat. Kaartjies wat per kredietkaart bespreek is, kan afgehaal word by die kaartjieskantoor.

 

Kaartjiebesprekings: Daagliks (Maandag tot Saterdag) tussen 08:00 en 20:00 en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by 011...

LEES MEER

Verblyf


Kry jou lêplek vir Aardklop 2011 voor dit te laat is. Verblyfbesprekings vir vanjaar se fees, 4-9 Oktober, het op Maandag 2 Mei geopen en daar is oudergewoonte sakpas-verblyf vir elke smaak.
 

Om verblyf te bespreek, of indien jy dalk jou beskikbare verblyf beskikbaar wil stel vir feesgangers, kontak die Aardklop-verblyfspan vandag nog by (018) 297 8465.
 

Inligting omtrent beskikbare verblyf kan ook hier bekom word.



LEES MEER

Aanwysings na Aardklop-feesterrein


Vanaf Klerksdorp
Ry met die N12 tot oor die treinbrug in Potchefstroom.
Draai links by die eerste robot (Beyers Naudé-weg).
Volg die pad vir 3 km tot by die feesterrein.
 

Vanaf Ventersdorp
Ry met die Potchefstroompad (R53) tot in Potchefstroom. Draai links by die eerste robot (Meyerstraat).
Hou aan vir 2 km tot oor die treinbrug.
Die feesterrein is aan die regterkant net ná...

LEES MEER