Ontstaan van Aardklop
'n "Vreemde" woord word 'n volwaardige kunstefees
Die algemene geloof is dat elke kunstefees oor 'n glasie of twee bedink en beklink word. En só was dit beslis met Aardklop.
Op 26 September 1996 is 'n byeenkoms op Stellenbosch gehou waar amper in lighoofdige geesdrif oor 'n noordelike fees gedroom is. Met verloop van tyd en heelwat glasies later is daar besluit op Potchefstroom, wat die ja-woord gegee het, en die datum van die eerste fees was vasgepen vir die lente van 1998.
Met Neil van Heerden as voorsitter, wat gesê het dit moet uit huis uit 'n Afrikaanse fees wees met sy deure en vensters oop na buite, is Giep van Zyl nader gehark as feesbestuurder.
Reklameman Ian Bekker het die woord "Aardklop" opgetower - 'n woord wat hoegenaamd geen eensgesinde akkoord van die stigtersdireksie ontvang het nie. Die een het gesê dit is afgryslik, 'n ander het dit snaaks gevind en party het gemeen dis te vreemd, maar uiteindelik het dit met 'n oorweldigende meerderheid gewen. Meer as 15 000 het die eerste fees bygewoon en deesdae staan die besoekersgetalle op 'n stewige 150 000.
Getrou aan Aardklop se missie "om 'n toonaangewende, toeganklike en volhoubare kunstefees van gehalte aan te bied", word daar jaarliks waagmoedig nuwe, opwindende produksies aangebied, terwyl die vermaaklike en klassieke aspek hoegenaamd nie afgeskeep word nie.
As een van die drie grootste kunstfeeste in die land het Aardklop 'n volwaardige handelsmerk geword en die "vreemde" woord lê nou gemaklik op almal se tong.
Personeel
|
Andries Vrey |
Uitvoerende hoof |
|
Fanie Buys |
Bedryfshoof |
|
Jurgens Schoeman |
Finansiële bestuurder |
|
Marguerite Robinson |
Programbestuurder |
Anadia Grobler
|
Administratiewe- & personeelbestuurder |
|
|
|
|
Anne-Mari Raath |
Koördineerder: borglogistiek |
|
Ansie Coetzee |
Finansiële klerk |
|
Cornel Pretorius |
Rekenmeester |
|
Cornelia van Lelyveld |
Koördineerder: kunsmark |
|
Deon Ferreira |
Koördineerder: logistiek |
|
Elsie Lolomba |
Algemene assistent |
|
Luzanne Hattingh |
Ontvangs en program-administrasie |
|
|
|
Feespersoneel
|
Pieter-Jan Kapp |
Tegniese koördineerder |
|
Kobus Lodewyckx |
Voorportaalkoördineerder |
|
Christina Nauratell |
Koördineerder: visuele kuns |
|
|
|
Aardklop-direksie
|
Steve Booysen |
Voorsitter |
|
Estelle Dippenaar |
Ondervoorsitter |
|
|
|
|
Amanda Singleton |
|
|
André Bartlett |
|
|
Annette Combrink |
|
|
Blignault Gouws |
|
|
Debra Meyer |
|
|
Dorothy August |
|
|
Gerrie de Villiers |
|
|
JP Landman |
|
|
Karen Meiring |
|
|
Louise Barretto |
|
|
Salie de Swardt |
|
|
Sonia Gouws |