Clover Aardklop Logo

Wie is ons

Ontstaan van Aardklop

'n "Vreemde" woord word 'n volwaardige kunstefees

Die algemene geloof is dat elke kunstefees oor 'n glasie of twee bedink en beklink word. En só was dit beslis met Aardklop.

Op 26 September 1996 is 'n byeenkoms op Stellenbosch gehou waar amper in lighoofdige geesdrif oor 'n noordelike fees gedroom is. Met verloop van tyd en heelwat glasies later is daar besluit op Potchefstroom, wat die ja-woord gegee het, en die datum van die eerste fees was vasgepen vir die lente van 1998.

Met Neil van Heerden as voorsitter, wat gesê het dit moet uit huis uit 'n Afrikaanse fees wees met sy deure en vensters oop na buite, is Giep van Zyl nader gehark as feesbestuurder.

Reklameman Ian Bekker het die woord "Aardklop" opgetower - 'n woord wat hoegenaamd geen eensgesinde akkoord van die stigtersdireksie ontvang het nie. Die een het gesê dit is afgryslik, 'n ander het dit snaaks gevind en party het gemeen dis te vreemd, maar uiteindelik het dit met 'n oorweldigende meerderheid gewen. Meer as 15 000 het die eerste fees bygewoon en deesdae staan die besoekersgetalle op 'n stewige 150 000.

Getrou aan Aardklop se missie "om 'n toonaangewende, toeganklike en volhoubare kunstefees van gehalte aan te bied", word daar jaarliks waagmoedig nuwe, opwindende produksies aangebied, terwyl die vermaaklike en klassieke aspek hoegenaamd nie afgeskeep word nie.

As een van die drie grootste kunstfeeste in die land het Aardklop 'n volwaardige handelsmerk geword en die "vreemde" woord lê nou gemaklik op almal se tong.


Personeel

Andries Vrey Uitvoerende Hoof
Jurgens Schoeman Finansiële Bestuurder
Anadia Grobler
Bedryfshoof
Chrizanda Botha Media- & Bemarkingsbestuurder
   
Marguerite Robinson Programkonsultant
Anne-Mari Raath Koördineerder: Borglogistiek
Maritsa Do Cabeco Rekenmeester
Cornelia van Lelyveld Koördineerder: Kunsmark
Dionette Viljoen Ontvangs en Verblyfkoördineerder
Monique Jacobs  Bestuursassistent
Elsie Lolomba Kantoor assistent
Jeanine Fourie Koördineerder: Borglogistiek
Alfred Mtshweni Algemene assistent
Sunet van der Merwe Bestuursassistent  
Thys Bezuidenhout Koördineerder: Logistiek
Briëlda Williams Ontvangsdame


Feespersoneel

Pieter-Jan Kapp Tegniese koördineerder
Kobus Lodewyckx Voorportaalkoördineerder
Theo Kleynhans Kurator: Visuele Kuns

 

Aardklop-direksie

Steve Booysen Voorsitter
Estelle Dippenaar Ondervoorsitter
   
Amanda Singleton  
André Bartlett  
Annette Combrink  
Blignault Gouws  
Gerrie de Villiers  
Japie Fransman  
JP Landman  
Leslie Maasdorp  
Louise Barretto  
Marida Swanepoel    
Marie-Heleen Coetzee
Russell Loubser
Sonia Gouws