Deur 'n Vriend van Aardklop te word, lewer jy nie net 'n wesenlike bydrae tot die kunste nie, maar geniet ook talle voordele.
Daar is drie verskillende klasse: silwer, goud en platinum waarvan die jaarlikse bydrae onderskeidelik R1 200, R2 400 en R5 000 is. In elke klas word kaartjiekrediet vir elke lid opsygesit. Vir silwerlede R960, vir goudlede R1 200 en vir platinumlede R1 500. Die restant van die onderskeie lidmaatskapbedrae word aangewend as 'n bydrae om die kunste te bevorder. Lede kan dus met trots sê dat hulle iets terugploeg om die kunste te ondersteun en volhoubaar te maak.
Die voordele vir Vriende van Aardklop is legio. Dit sluit onder meer in voorkeurbesprekings, 'n gratis feesboek, gratis parkeerplek en afslag of gratis toegang tot die Feesterrein.
1. Die klasse is soos volg:
a. Silwer R100 p/m of R1200 eenmalig per jaar
b. Goud R200/pm of R2400 eenmalig per jaar
c. Platinum R5000 eenmalig per jaar
2. Die voordele is soos volg:
| Voordeel | Silwer | Goud | Platinum |
| Kaartjiekrediet | R960 | R1200 | R1500 |
| Bydrae aan kunste | R240 | R1200 | R3500 |
| Preferensiële bespreking | × | × | × |
| Gratis feesterreintoegang vir die week | 50% afslag | × | × |
| Gratis parkering naby die feesterrein | × | × | × |
| Komplimentêre pendelbussiepermit | 8 ritte | 16 ritte | onbeperk |
| Gratis programboek | × | × | × |
| Gratis feessak | × | × | × |
| Melding in feesboek/webwerf as donateur | × | × | |
| Uitnodiging na gasvryheidslokaal | × | ||
| Uitnodiging na prysuitdelingsfunksie tydens die fees | × |




