Aardklop 2011
Besprekings kan landswyd by Computicket-takke gemaak word, ook tydens die fees. Feesgangers kan gedurende die fees bespreek by die kaartjieskantoor op die hoek van Borcherd- en Molenstraat. Kaartjies wat per kredietkaart bespreek is, kan afgehaal word by die kaartjieskantoor.
Kaartjiebesprekings: Daagliks (Maandag tot Saterdag) tussen 08:00 en 20:00 en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by 011 340 8000 of 083 915 8000.
Produksies wat in aanmerking kom vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir die beste nuwe Afrikaanse verhoogteks (toneel en kabaret) wat by Aardklop debuteer, word by die onderskeie produksies as sodanig aangedui.




