Aanwysings na Aardklop-feesterrein
Vanaf Klerksdorp
Ry met die N12 tot oor die treinbrug in Potchefstroom.
Draai links by die eerste robot (Beyers Naudé-weg).
Volg die pad vir 3 km tot by die feesterrein.
Vanaf Ventersdorp
Ry met die Potchefstroompad (R53) tot in Potchefstroom. Draai links by die eerste robot (Meyerstraat).
Hou aan vir 2 km tot oor die treinbrug.
Die feesterrein is aan die regterkant net ná die treinbrug.
Vanaf Parys
Ry met die Potchefstroompad (R53) tot in Potchefstroom.
Ry oor die kruising met die Johannesburgpad (N12 - Nelson Mandela-rylaan). Die pad se naam word James Moroka-weg.
Ry oor die rivierbrug en draai regs by die eerste robot (Govan Mbeki-weg).
Draai links by die tweede robot (Albert Luthuli-weg).
Draai regs by die eerste robot (Thabo Mbeki-weg).
Ná die eerste blok kan u parkeerplek soek. Die feesterrein lê een blok verder aan u linkerkant.
Vanaf Viljoenskroon
Ry met die Potchefstroompad (R501) tot in Potchefstroom.
Ry oor die kruising by die Mooirivier Mall (N12/Johannesburgpad/Nelson Mandela-rylaan).
Die pad se naam word Govan Mbeki-weg.
Ry oor twee robotte en draai links by die derde robot (Albert Luthuli-weg).
Draai regs by die eerste robot (Thabo Mbeki-weg).
Ná die eerste blok kan u parkeerplek soek. Die feesterrein lê een blok verder aan u linkerkant.
Vanaf Johannesburg
Ry met die N12 tot by die derde robot in Potchefstroom (by die kruising by die Mooirivier Mall)
Draai regs in James Moroka-weg.