Nuus
Aardklop National Arts Festival brings the award winning production ‘Sunday Morning’ to KZN in aid of the Theatre Benevolent Fund. |
|
On 6 and 7 June, for two night only, Clover Aardklop National Arts Festival brings the award winning production, Sunday Morning, to the Catalina Theatre in Durban as well as to the Michaelhouse Tehatre in Pietermaritzburg. A delightful play performed by James Cunningham and written by Nick Warren. All proceeds of the show will go towards the Theatre Benevolent Fund (TBF) as part of the Clover Aardklop National Arts Festival cycle tour.
From 2 to 6 June... |
BALBESIT |
|
LEES MEER |
Wen BBP-Aardklopstatus |
|
’n Uitverkorene staan die kans om BBP-status by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te wen, wat van 24 tot 28 September in Potchefstroom aangebied word.
Die wenprys is geldig vir twee mense. Dit sluit gratis verblyf, BBP-vervoer tussen lokale, toegang tot BBP-areas waar jy die sangers kan ontmoet, asook tien gratis kaartjies van vertonings van jou keuse in.
Om ’n kans te staan om te wen, SMS TBF na 40770 teen... |
Verblyfbesprekings vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees nou oop |
|
Besoekers aan vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom kan nou reeds verblyf bespreek. Ons stel voor jy doen dit vroeër eerder as later, want vanjaar bring Aardklop vir julle dié beste musiekprogram in bykans 7 jaar.
Om die diens te vergemaklik, kan verblyf regstreeks deur die webwerf (www.cloveraardklop.co.za) bespreek word.
Alle soorte akkommodasie en prysklasse word... |
Clover Aardklop ry fiets ten bate van die TBF |
|
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gaan van 2 tot 6 Junie die fietswiele laat sing ten bate van die Teaterbystandsfonds.
’n Aardklop-span van 17 personeellede vertrek op 2 Junie per fiets uit Potchefstroom vir die groot tog na die ATKV Natalia-oord aan die Suidkus van Kwazulu-Natal. Op die pad slaap hulle oor by Kroonstad, Bethlehem, Ladysmith en Pietermaritzburg en sal op 6 Junie in Durban aankom.
Andries Vrey, uitvoerende... |
Gems that made us laugh and cry |
|
By: Diane de Beer
It's always an interesting and sometimes exciting exercise to look back on a year of theatre and to see where and how the industry has grown, performed out of the box, captured the classics, introduced new rising stars, reintroduced actors that have stepped back on stage or simply struggled through the tough year that 2012 has been. That didn't... |
'n Naam om te onthou |
|
Bron: Die Burger.com 1 Desember 2012
Die plofbare vertolkings van die opkomende akteur Wessel Pretorius op die Aardklopkunstefees vanjaar het gehore in vervoering gehad. Sy soloproduksie Ont- het hom die prys vir die beste akteur in die sak gebring. Die sleutels was gestrooptheid en ritueel, het hy aan Schalk Schoombie verklap. |
Aansoekvorms vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vir 2013 beskikbaar |
|
Aansoeke vir 2013 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees sluit Maandag 11 Februarie 2013. Dit geld produksies sowel as visuele kuns.
Daar word onderskeid getref tussen aansoeke vir opdragproduksies en loketproduksies. In eersgenoemde geval kan kunstenaars aansoek doen vir ’n vaste fooi, terwyl ’n persentasieverdeling van toepassing is op loketproduksies.
Die omvang van die pryse wat by die fees toegeken word vir nuwe produksies... |
The Prinsloo phenomenon |
|
By: Diane de Beer
SANDRA Prinsloo is a most unusual phenomenon in today’s world. She’s building an enviable stage repertoire at a point in her career when many actors start winding down.
She’s our equivalent of Helen Mirren, someone who can cross over to any genre, but... |
'n Taal van waarde |
|
Deur: Tim du Plessis Bron: Beeld.com 6 November 2012
Dis ’n ou twakstorie dat Afrfikaans ’n sterwende taal is, maar dié storie is nog springlewendig, sê Tim du Plessis.
Verlede week was ’n goeie een vir Afrikaans. Die resultate van die 2011-sensus is uitgereik – met goeie nuus... |
Kaartjieverkope by Clover Aardklop binne begroting |
|
In ’n jaar waarin geweldige druk op besteebare inkomste geplaas is, was die kaartjieverkope by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees binne die finansiële begrotingsraamwerk.
In totaal is 132 247 kaartjies verkoop, waaronder 88 631 vir die terrein en musiekverhoë en 43 616 vir toneel en ander produksies. “Gegewe die ekonomiese klimaat sou dit onrealisties gewees het om nie vir ’n daling in kaartjieverkope voorsiening te... |
Collages wat kap na mag, narsisme |
|
Deur: Rudolf Stehle Bron: Beeld.com 29 Oktober 2012
Die visuele kunstenaar Abri de Swardt se werk is onlangs as deel van die inter- dissiplinêre produksie Dismotief op die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom uitgestal. Rudolf Stehle het met hom gesels. |
Huldeblyk aan Anna Neethling-Pohl word staande toegejuig |
|
Deur: Ihette Jacobs Bron: Litnet 22 Oktober 2012
Liefde, Anna het by die 2012 Clover Aardklop Nasionale Kunstefees die staande ovasies van vol sale deur en deur verdien. Die produksie is veelvuldig bekroon. Die AngloGold Ashanti/Smeltkroesprys vir beste regie is toegeken aan Louis van Niekerk vir die manier waarop hy die teks tot... |
Andries Vrey: 'Ons is baie trots op die pas afgelope fees' |
|
Deur: Henry Cloete Bron: Litnet 15 Oktober 2012
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2012 het onlangs in Potchefstroom plaasgevind. Andries Vrey, uitvoerende hoof van die fees, beantwoord ’n paar vrae oor hoogtepunte, die balans van produksies en gerugte dat die fees na Pretoria kan verskuif.
Goeiedag,... |
Op dees aarde: Basson bring hulde aan Reza de Wet met dié teaterjuweel |
|
Deur: Ihette Jacobs Bron: Litnet 15 Oktober 2012
Die première van Op dees aarde is by 2012 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees met beide die AngloGold Ashanti Fyngoud-prys vir die beste Afrikaanse aanbieding en die Clover Soveel Beter-prys vir die beste algehele aanbieding bekroon. Diéproduksie is deur... |
Artists klap it at exhilarating Aardklop |
|
Source: Tonight By: Diane de Beer 9 October 2012
It was a festival of contrasts at this year’s Clover Aardklop arts festival in Potchefstroom that concluded this weekend.
These contrasts were especially marked by the various generations stepping out and up and staking their claims. In spite... |
Wenners van pryse by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aangekondig |
|
Die produksie Op dees aarde, wat by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom aangebied is as huldeblyk aan dramaturg Reza de Wet wat vroeër vanjaar oorlede is, het met twee groot pryse weggestap.
Op dees aarde het sowel die AngloGold Ashanti Fyngoud-prys vir die beste Afrikaanse aanbieding en die Clover Soveel Beter-prys vir die beste algehele aanbieding gewen. Die prysgeld is onderskeidelik R15 000 en R60 000. Regisseur... |
Lafras Verwey: Deur die wêreld getreiter |
|
Bron: Litnet Deur: Naomi Meyer
Carel Nel is Lafras Verwey by Clover Aardklop 2012. Hy speel al 'n geruime tyd hierdie hoofrol en Naomi Meyer het hom tussen vertonings by Aardklop voorgekeer.
Hallo... |
Gereed vir Hamlet 39 jaar later |
|
Bron: Beeld 29 September 2012
Hy is vandag eers ryp om Hamlet te speel, meen die verhooglegende Cobus Rossouw. In Kind Hamlet, ’n dokudrama deur Marthinus Basson wat op die Aardklop Kunstefees debuteer, onthou hy sy vertolking as die Deense prins in Robert Mohr se 1973-produksie. Schalk Schoombie het by ’n repetisie ingeloer. |
Teaterproduksie |
|
LEES MEER |
kykNET wat is alles by Clover Aardklop 2012 |
|
Bron: Litnet Deur: Naomi Meyer 27 September 2012
Tjiff en Tjaff kom kuier weer vanjaar in lewende lywe by al die kinders wat saam met hul ouers Aardklop toe kom. Naomi Meyer vra Nico Nel, kykNET, MK & Koowee se Waarnemende Bemarkings- & Publisiteitsbestuurder, waar kykNET nog betrokke is by vanjaar se Aardklop, sodat feesgangers hul bywoningsgeleenthede... |
Ken jy tant Mossie? trek laer om Afrikaanse liedere |
|
Bron: Litnet Deur: Gerdus Senekal 27 September 2012
Wat is “Ken jy tant Mossie?”, waaroor gaan dit?
Ken jy tant Mossie? is ’n groep musikante wat laer getrek het om ou Afrikaanse treffers af te stof en ’n nuwe baadjie aan te trek. Daar is soveel juwele in die Afrikaanse musiekskatkis en talle hiervan... |
Making cool theatre |
|
Bron: Tonight Deur: Diane de Beer 26 September 2012
“We like making cool theatre,” says director Tara Notcutt, one of the leading lights of a vibrant and dynamic theatre company based in Cape Town, The Pink Couch.
Holding her tightly on either side are actors Albert Pretorius (see him in a cameo role in Die Wonderwerker)... |
Talle redes hoekom jy baie beslis Clover Aardklop moet besoek |
|
Om te lag is goed vir jou gesondheid
Chris Vorster het vir sy splinternuwe Die geval van die mal huisvrou weer sy satiriese pen uitgehaal. Gegewe die tema grens dit ook ietwat aan die makabere kant. Creepy! Margit Meyer-Rödenbeck (ook bekend as Dowwe Dolla) en Marion Holm laat mense oudergewoonte weer skater. In Mafeking Road kry Herman Charles Bosman ’n moderne fisieke teater-kinkel vir die nuwe geslag. En om uit te vind wie die hedendaagse... |
ATKV se suksesvolle Ave Maria/Halleluja-musiekproduksie by Clover Aardklop te sien |
|
Deur die loop van die eeue is baie musiek met die titel “Ave Maria” gekomponeer. Ook is die gebruik van die woordjie “Halleluja/Alleluia” ‘n algemene verskynsel in die musiekkonteks. Die ATKV, in samewerking met die US Woordfees, het gedurende 2011 ‘n unieke musiekproduksie gebaseer op die musikale samevloeiing van komposisies met “Ave Maria” of “Halleluja” as titel die lig
laat sien.... |
Nicola Hanekom op ’n drafstap by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees |
|
Die bekroonde Nicola Hanekom (37) is vanjaar betrokke by twee produksies by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees: die ruimtelike teaterstuk Babbel en die solovertoning Hol.
Van Babbel is sy die skrywer en regisseur en van Hol skrywer en aktrise. Waar ander kunstenaars haar almiskie oortref deur nog... |
Mahala vermaak |
|
In ’n lewe waar sente omdraai ons nasionale sport geword het, is daar goeie nuus. By vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees is daar weer twee gratis verhoë binne die omheinde area. Elkeen van hierdie verhoë spog met ’n groot verskeidenheid kunstenaars wat oud en jonk gaan vermaak sonder dat dit nodig sal wees om die beursie uit te haal.
Die Clover/ATKV Musiekarena word in samewerking met AngloGold Ashanti aangebied. Die jongspan gaan... |
Aardklopgangers loop 'n hoë Risiko |
|
Bron: Artslink 18 September 2012
Risiko is ‘n sielkundige riller - geskryf en geregisseer deur Schalk Schoombie -‘n sexy dodedans tussen liefde en wraak … die Doodsengel en sy minnares.
|
Dana Snyman is op Ta'Miem se spoor |
|
Deur: Dana Snyman Bron: Beeld 14 September 2012
Die ANC het onlangs laat blyk hy wil gaan kyk hoe die Afrikaners in die 1930’s die armblankevraagstuk opgelos het. Dana Snyman vertel hoe die skrywer M.E.R. destyds daarby betrokke was. |
Clover Aardklop Nasionale Kunstefees |
|
LEES MEER |
Moeiteloos na die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees |
|
Mismoedig oor die hoë brandstofpryse? Bang dit gaan jou planne om vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees by te woon in die wiele ry? Gelukkig is daar goeie nuus. Vir die eerste keer is daar ’n Parkeer en Ry-diens beskikbaar. Elke dag, vir die duur van die fees, vertrek ’n bus uit Pretoria, Boksburg, Alberton, sowel as Randburg, Florida en Krugersdorp na Potchefstroom. Saans keer die busse om 20:00 weer terug na hulle onderskeie bestemmings. Die koste van ’n... |
Meesterstuk van Pinter in vertaalde vorm |
|
Bron: Beeld 10 September 2012
Die toneelstuk The Homecoming (1965), wat allerweë beskou word as die Britse dramaturg Harold Pinter se meesterwerk, word vroeg in Oktober in Afrikaans aangebied op die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.
Henry Milne van 7de Laan-faam is die regisseur van die vertaalde werk wat as Huis... |
Silwerskerm Filmfees 2012 – plaatjie lys |
|
Beste Film Die Wonderwerker
Beste Regie Katinka Heyns – Die Wonderwerker
Beste Kinematograaf Tom Marais – Verraaiers
Beste Draaiboek Chris Barnard – Die Wonderwerker
Beste Redigering Ronel Loots – Die Wonderwerker
Beste... |
Teaterlegende kry weer lewe in drama |
|
Deur: Anna-Retha Bouwer Bron: Beeld 3 September 2012
Schalk Schoombie het kreatief wyd geploeg vir die Clover Aardklop-kunstefees, waar hy by verskeie produksies betrokke is. Anna-Retha Bouwer het met hom gesels.
|
chris chameleon |
|
LEES MEER |
Welcome satirical edge for Aardklop |
|
By: Theresa Smith Source: Tonight 29 August 2012
BY their very nature theatre festivals attract people who work on more than one project. It is the practical consideration to share resources. But, Christiaan Olwagen seems to be taking it a bit far.
The 24-year-old Capetonian is directing four of the shows at... |
Die Bram Fischer-wals: "Ons praat óór Bram Fischer, nie námens hom nie." |
|
Deur: Henry Cloete, Bron: Litnet 28 Augustus 2012
In die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees se program word Die Bram Fischer-wals as volg beskryf: "Beroemd as die kommunis wat Madiba van die galg gered het,... |
Nuwe FAK-sangbundel so akkommoderend as moontlik |
|
Deur: Henry Cloete Bron: Litnet 21 Augustus 2012
FAK Fantasties is ’n spesiale Aardklop-konsert saamgestel deur Janine Neethling ter viering van die bekendstelling van die jongste FAK-sangbundel . Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, beantwoord enkele vrae van LitNet oor die jongste bundel. |
Christiaan Olwagen: Protesteater vir 'n nuwe Suid-Afrika |
|
Bron: Litnet Datum: 20 Augustus 2012
Jy behartig die regie van die stukke Woza Andries!?, Vagina Dentata en Ubu en die Secrecy Bill by die Aardklop-fees. Hoe balanseer jy die werk?
|
Idees vol vrees - Aardklop |
|
LEES MEER |
Opwinding op die pienk sofa by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees |
|
Deur: Marguerite Robinson 15 Augustus 2012
Op twaalfjarige ouderdom sien Tara Notcutt ’n gerestoureerde Queen Victoria-sofa in Dieprivier. Skelpienk. En die jongeling besluit daar en dan – dit is wat sy eendag haar teater gaan noem. The Pink Couch.
Nie so vergesog nie. Haar pa, Brian, het immers ’n teater in Woodstock gehad. Sy ken dus van teater – van die wêreld... |
Idees vol vrees |
|
LEES MEER |
Sublime theatre well worth a journey to Potch |
|
July 31 2012
IT’S as if the Clover Aardklop National Arts Festival decided to aim for the stars this year as it celebrates many of theatre’s big names from the past, yet also reminds us of the future of play making.
Take names like Anna... |
Hulde aan groot geeste en opwindende jongelinge in toneelprogram by Clover Aardklop |
|
By die 15de Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom word daar vanjaar hulde gebring aan groot teatergeeste, terwyl opwindende jong talent ook ten toon gestel gaan word.
In Schalk Schoombie se Liefde, Anna word daar gefokus op die formidabele Anna Neethling-Pohl (alom bekend as Tant Anna), wat nie net haar merk gemaak het as aktrise nie, maar ook as mentor. Die naamrol word vertolk deur Sandra Prinsloo, wat as jong student aan Tukkies by haar... |
Kuns, kos en iets vir die kinders by 2012 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees |
|
Met vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees se visuele kuns-program tree fotografie sterk na vore. Die kern van die program is fotograaf Daniel Naudé, vanjaar se feeskunstenaar, se uitstalling Animal Farm, waarin hy veral fokus op die Africanis-hond as onderwerp.
Obie Oberholzer se Long Distance neem die kyker saam met hom op reis met sy foto’s van mense en plekke van alle uithoeke van die aarde. Die fotografie-tema word voortgesit... |
Van deuntjies tot klassieke musiek by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees |
|
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees se program bied ’n wye verskeidenheid musiek – van groot konserte tot intieme klassieke musiekuitvoerings.
FAK Fantastiesis ’n spesiale Aardklop-konsert saamgestel deur Janine Neethling ter viering van die bekendstelling van die nuutste FAK-sangbundel. Sarie Marais skuur nou skouer met liedjies van Koos du Plessis en Chris Chameleon. Kunstenaars soos Theuns Jordaan en Pieter... |











